Akademie logo 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Nuusflits

Die 2007-Simposium van die SA Akademie, in samewerking met die Stigting vir die bemagtiging deur Afrikaans vind plaas op 21 en 22 Junie in Pretoria.  Die hooftema is Kriminaliteit:  Oorsake, gevolge en oplossings.  Lees meer onder Simposium 2007.

 
Tuisblad arrow Akademiepryse
Akademiepryse sedert 1909 PDF Druk Epos

Die publikasie (Akademiepryse 1909-2006) is beskikbaar by die Akademiekantoor teen R35 per eksemplaar.  Dit sluit BTW en posgeld in. 

Kontak Linda Brink by tel. 012-328-5082 of e-pos   vir meer besonderhede.

 Voorwoord

Meer as ooit tevore is dit vandag nodig dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sy oogmerke, naamlik die bevordering van die wetenskap en die kunste asook die bevordering van die gebruik en die gehalte van Afrikaans, nastreef.  Hierdie publikasie is die trotse rekord van die SA Akademie se bekronings oor byna 100 jaar.  Die publikasie verleen hiermee erkenning aan so baie eminente persone wat dekade na dekade die vaandel van die wetenskap en die vaandel van Afrikaans hoog gehou het en daarmee die ideale van die SA Akademie verwesenlik het.

Dit gaan egter nie net om vervulde ideale van die Akademie nie.  Die Akademie het oor die jare deur sy bekronings meegehelp aan die bevordering van 'n akademiese klimaat, die skepping van 'n wetenskapskultuur in diens van Suid-Afrika - en wil dit steeds bly doen.

Hierdie brosjure, wat 'n vervolg is van die publikasie wat in 1981 verskyn het, word aangebied aan lede van die Akademie en ook aan die talle persone en instansies wat belangstel in die Akademie en wat van tyd tot tyd navraag doen oor dié of daardie Akademieprys, oor wie in watter jaar 'n bepaalde toekenning ontvang het.

'n Besondere vorm van bekroning, wat nie 'n prys of medalje behels nie, is erelidmaatskap van die Akademie.  'n Lys van erelede word derhalwe ingesluit onder afdeling 41.  Die laaste afdeling bevat 'n alfabetiese lys van pryse en bekroondes.

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur 'n ruim subsidie van die L.W. Hiemstra Trust.   


Lys van Akademiebekronings sedert 1909:

  • Hertzogprys
  • Nedbank-Akademieprys vir Vertaalde Werk
  • Eugène Maraisprys
  • Scheepersprys vir Jeugliteratuur
  • Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur
  • Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur
  • C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap
  • Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek
  • Markus Viljoenmedalje vir Joernalistieke Prestasie
  • Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap
  • D.F. Malanmedalje
  • Ds. Pieter van Drimmelenmedalje
  • D.F. du Toit Malherbeprys vir Genealogiese Navorsing
  • Stalspryse
  • Totiusprys vir Teologie en die studie van die grondtale van die Bybel
  • N.P. van Wyk Louwmedalje
  • Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorspele en Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorbeelde
  • Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas en Erepenning vir Afrikaanse Dokumentêre Televisieprogramme
  • Erepenning van die Akademie
  • Elizabeth C. Steijnmedalje
  • Samuel Edward Mqhayiprys
  • Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde
  • Poortkompetisie (PUK-Kanselierstrustprys)
  • Elisabeth Eybersbeurs
  • Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering
  • Frans du Toitmedalje vir Bedryfsleiding
  • Havengapryse
  • Transnetmedalje
  • Goue Akademiemedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie
  • M.T. Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie
  • Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegniek
  • Senior Kaptein Scottgedenkmedalje
  • Junior Kaptein Scottgedenkmedalje
  • Albert Stratingprys vir Voorkomende Geneeskunde
  • FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling
  • Douw Greeffprys
  • Prysvrae
  • Christo Wiesemedalje vir 'n Opkomende Entrepreneur
  • Louis Hiemstraprys vir Niefiksie
  • Spesiale Oorkondes
  • Erelidmaatskap
  • Wiskunde-olimpiade
  • Geskiedenisolimpiade
  • Rekeningkunde-olimpiade
 

Ontwikkel deur GigaSkills Training